Cairns

Cairns
Ligging van Cairns in Australië
Ligging van Cairns in Australië
Koördinate: 16°55′32″S 145°46′31″O / 16.92556°S 145.77528°O / -16.92556; 145.77528
StaatVlag van Australië Australië
Deelstaat Queensland
Stigting1876
Bevolking
 • Totaal150 920
TydsoneUTC+10 (AEST)

Cairns is 'n streekstad en plaaslike raadsgebied wat in Queensland, Australië geleë is. Die eerste Europeërs het hul in 1876 daar gevestig. Die stad is na William Cairns, die destydse goewerneur van Queensland, vernoem. Die stad is gevestig om myners op pad na die Hodgkinson-rivier goudveld te ondersteun. Die nedersetting het agteruitgegaan nadat 'n makliker roete na Port Douglas ontdek is. Cairns se toekoms is egter verseker toe dit ontwikkel is as 'n spoorwegeindpunt en 'n hawe vir die uitvoer van suikerriet, goud en edelmetale en goedere geproduseer deur die landboubedrywighede in die omliggende plato- en kusgebiede. Die stad brei steeds vinnig uit en het 'n bevolking van 122 731 (met ingang 2006) en is hoofsaaklik afhanklik van die suiker- en toerismebedrywe.

Cairns is padlangs ongeveer 1 701 km vanaf Brisbane geleë en ongeveer 2 420 km vanaf Sydney. Dit is 'n gewilde reisbestemming vir buitelandse toeriste vanweë die tropiese klimaat en nabyheid aan vele besienswaardighede.

Die Groot Koraalrif is binne 'n uur se reis per boot vanaf Cairns. Die Daintree Nasionale Park en Cape Tribulation sowat 130 kilometer noord van Cairns is gewilde plekke om 'n tropiese reënwoud te gaan ervaar. Dit dien ook as 'n vertrekpunt vir mense wat Cooktown, die Cape York skiereiland en die Atherton Plato wil verken.

Die stad se natuurlike omgewing benut vir die skep van verskeie klein temaparke vir toeriste. Hieronder tel die Rainforestation natuurpark, die Tjapukai Aborigine Kultuurpark en die Kuranda Skyrail Gondola Kabelspoor, wat sowat 7.5 km oor die wêrelderfenis reënwoud strek. 'n Ander groot trekpleister in Cairns is sy strandmeer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search